Duineveld kroon kampioene by NWU Multisurface Tennistoernooi
Hoërskool Duineveld NWU Multisurface Tennistoernooi kampioene

Duineveld kroon kampioene by NWU Multisurface Tennistoernooi


Hoërskool Duineveld van Upington het van 26 tot 29 September aan die gesogte NWU Multisurface Tennistoernooi deelgeneem. Dit is ’n unieke kompetisie waar spelers hul vaardighede op gras-, klei- en hardebane moes toets.

Die seunspan het met krag en vasberadenheid elke dag oorwinnings behaal: Helpmekaar A, Noordheuwel, Helpmekaar B en Voortrekker is almal geklop. Slegs teen Potchefstroom Gimnasium is gelykop gespeel, maar die eindtelling het steeds Duineveld as 1ste plek kampioene bekroon.

Die meisiespan het ewe indrukwekkend gevaar met oorwinnings teen Helpmekaar B, Helpmekaar A, Potchefstroom Gimnasium en Voortrekker. Hulle het ook hul toernooi as NWU Multisurface Tennistoernooi-kampioene afgesluit.

Die verskillende bane en toestande het daagliks nuwe uitdagings gebied, maar Duineveld se spelers het met trots, aanpasbaarheid en uitmuntende sportmanskap hul skool se naam hoog gehou.

https://duineveld.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article