SA Dance World Cup - Pretoria-dansers skitter
Suid-Afrika het algeheel sesde geëindig

Dance World Cup – Pretoria-dansers skitter


Dance World Cup. Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is baie trots op Emmi-Faye en Kiki Butler. Hierdie twee sussies het gedurende die vakansie Suid-Afrika verteenwoordig het by die SA Dance World Cup in Dublin, Ierland. Die kompetisie het 60 lande en meer as 11 500 dansers oor twee weke saamgebring, waar Suid-Afrika algeheel sesde geëindig het.

Emmi-Faye het aan tien kategorieë deelgeneem en uitstaande prestasies behaal:

  • 1ste plek goud in kontemporêre groep
  • 2de plek silwer in jazz groep
  • 3de plek brons in kontemporêr solo

Sy het ook in sewe ander kategorieë sterk vertonings gelewer. Kiki het in die kontemporêre afdeling meegeding en ’n pragtige 13de plek uit 28 deelnemers behaal.

Die skoolgemeenskap van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is uiters trots op hierdie twee talentvolle sussies wat hul passie en toewyding op ’n wêreldverhoog laat skitter het.

https://ahmp.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article