Potchefstroom Gimnasium se fietsryers het die afgelope naweek sterk vertoon tydens die eerste Noordwes-bergfietswedren in Klerksdorp. Op ’n uitdagende en tegniese baan het Gimmies presteer deur hul vaardigheid, krag en deursettingsvermoë ten volle uit te stal.
Uitslae:
- Sub Junior seuns: Hanru Odendaal – 3de | Rohann Scholtz – 4de | Ricardo Bechaz – 6de | Nathan Fourie – 14de
- Youth Women: Mieke Erasmus – 4de
- Youth Men (45 deelnemers): Alex Fourie – 1ste Phillip Moodie – 2de Dian Scholtz – 3de Juwan Serfontein – 5de
- Junior mans: Wynand Kemp – 6de
Baie geluk aan al die Gimmies! Julle harde werk en vasbyt maak die skool ongelooflik trots. Sterkte met die res van die seisoen – hou die wiele aan die rol!


Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.