Hoërskool Durbanville het gister by Bloemendal die MTB Interskole teen Stellenberg met ’n eindtelling van 3700–3530 oorheers.
Podiumwenners:
- Youth Meisies (O/15): Alandri Steyn (vinnigste meisie), Emilie Pienaar
- Junior Meisies (O/17): Jolynn Botha
- Youth Seuns (O/15): Christiaan Botha, Charl Joubert
- Youth Seuns (O/16): Logan van Wyk, Gabriel Burke
- Junior Seuns (O/17): Ryan Koorzen (vinnigste seun), Henri Coetzee
- Junior Seuns (O/18): Nico Kriel, Alex Russell
Spanhoogtepunte:
- Hoërskool Durbanville wenners van die MTB Interskole
- 6 ouderdomskategorie-oorwinnings
- 5 tweede plekke
- 2 derde plekke
- 13 podiumplekke
- Vinnigste meisie: Alandri Steyn
- Vinnigste seun: Ryan Koorzen
Durbanville se fietsryers het met trots, toewyding en spangees die kleure verteenwoordig. ’n Groot dankie aan afrigters, ouers en ondersteuners – hierdie oorwinning behoort aan die hele Durbanville MTB-familie.



“Baie geluk, Durbies – ons is baie trots!“
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.