COSSASA Spele - Truida Kestell-atleet vier goue glorie
Johnathan Matthew verower ‘n goue medalje by die COSSASA Spele

COSSASA Spele – Truida Kestell-atleet vier goue glorie


COSSASA Spele. Laerskool Truida Kestell, Bethlehem vier ’n merkwaardige sportprestasie nadat Johnathan Matthew ’n goue medalje in die 800 m verower het. Hy het aan die COSSASA-spele in Zimbabwe deelgeneem.

Die COSSASA Spele bring topatlete van verskeie Afrikalande bymekaar. Daar kan jong sportlui hul talent meet deur die internasionale verhoog te betree. Om ’n goue medalje in so ’n mededingende veld te wen, is ’n prestasie wat nie net Johnathan se harde werk en deursettingsvermoë weerspieël nie, maar ook die gees van sy skool.

Die Truida Kestell-gemeenskap het hul trots uitgespreek oor hierdie oorwinning, wat die naam van die skool met waardigheid op die internasionale sporttoneel geplaas het.

“Baie geluk, Johnathan! Jou toewyding en talent het jou tot die hoogste podium geneem. Ons Truidjies is ongelooflik trots om jou as ’n kampioen te hê.”

https://truidakestell.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article