Hoërskool Stellenbosch is baie trots op Corné Theunissen. Hy het uitmuntend presteer by die 2026 Grand Prix-uitnodigingsgala. Dié Gala is aangebied deur Swem Suid-Afrika van 28 tot 30 Augustus.
Corné, wat vir Aqua Sharks Academy deelgeneem het, het in vier items geswem – twee individuele en twee aflositems. Hy het uitstekend presteer en in elke item sy tyd verbeter. Corné se grootste individuele prestasie was in die 100 m vryslag. waar Sy vorige rekord was ’n merkwaardige 3,68 sekondes verbeter het en ’n vlak 3-kwalifiserende tyd behaal het.
Individuele Items
- 100 m Vryslag: Nuwe persoonlike rekord | 3.68 sekondes vinniger | Vlak 3-kwalifiserende tyd
- 100 m Rugslag: Nuwe persoonlike rekord | 0.70 sekondes vinniger
Aflos-items
- 4 × 50 m Vryslagaflos (200 m) – 6de plek
- 4 × 100 m Vryslagaflos (400 m) – 5de plek
Wat Corné Theunissen se prestasies by die Grand Prix-uitnodigingsgala merkwaardig maak, is dat die gala is nie volgens ouderdomsgroepe verdeel nie; die plasings weerspieël dus die algehele veld oor alle ouderdomme.
Corné se harde werk, toewyding en voortdurende verbetering maak Hoërskool Stellenbosch baie trots.
Foto verskaf






