Eldoné en Reané Terblanche vier trampolien-triomf
Eldoné en Reané Terblanche vier trampolien-triomf

Eldoné en Reané Terblanche vier trampolien-triomf


Hoërskool Ben Viljoen, Groblersdal, Polokwane, is trots om die uitmuntende prestasies van Eldoné en Reané Terblanche aan te kondig. Hierdie twee sussies het op 29 Augustus 2026 aan die Limpopo Trampolien-gimnastiekkampioenskappe in Polokwane deelgeneem. Hulle het skitterend presteer en is met ’n goue en ’n silwermedalje beloon.

Trampolien-gimnastiek is een van die nege Olimpiese gimnastiekdissiplines wat vinnig groei in Suid-Afrika. Eldoné en Reané neem deel aan die Vlak 5 Euro Trampolien-afdeling vir die ouderdomsgroep 13–14 jaar. Hulle het hul talent en toewyding ten volle ten toon gestel by die trampoliengimnastiek-kampioenskappe.

  • Eldoné Terblanche: Goud in Euro Trampolien, Limpopo-kleure verwerf, gekies vir die SA Kampioenskappe van 24–27 September 2026 in Durbanville.
  • Reané Terblanche: Silwer in Euro Trampolien, Limpopo-kleure verwerf en eweneens gekies vir die SA Kampioenskappe.

Die prestasies hou nie daar op nie: beide sussies is ook gekies vir die iAfrica Trampolienspan, wat op 23–24 Oktober 2026 by die Matsport Centre in Eldoraigne plaasvind.

Hoërskool Ben Viljoen is baie trots op Eldoné en Reané wat die skool se naam met soveel talent, deursettingsvermoë en Dallerhart verteenwoordig. Hierdie prestasies is ’n bewys dat harde werk en passie groot hoogtes kan bereik.

https://www.benviljoen.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article