VALIA Swemmers skitter by EGA Senior Winter Champs 2026
Valia se talentvolle swemmers

VALIA Swemmers skitter by EGA Senior Winter Champs 2026


Hoërskool Transvalia, Vanderbijlpark – Vier van die skool se talentvolle VALIA swemmers het van 12–14 September 2026 aan die EGA Senior Winter Kampioenskappe deelgeneem. Die kampioenskappe is by St Benedict’s College aangebied en die Valia-atlete het uitstaande prestasies gelewer.

  • Zaan Oosthuizen het vir ses finale gekwalifiseer en twee silwermedaljes verower in die 400 m Vryslag en 200 m-rugslag. Hy het sy tye merkwaardig verbeter. Dit sluit ’n verbetering van 6.51 sekondes in die 200 m-rugslag en 4.69 sekondes in die 200 m Vryslag.
  • Johan Nel het sy plek in die 100 m-individuele Wisselslag en 100 m Rugslag-finale verseker. Hy het sy tye in beide items verbeter. Met 0.22 sekondes in die 100 m IM en 0.86 sekondes in die 100 m Rugslag.
  • Jo-Anne van Dyk het met vasberadenheid deelgeneem en ’n uitstekende 5de plek in die 200 m rugslagfinaal behaal. Sy het ’n indrukwekkende verbetering van 5.51 sekondes behaal. As II-swemmer het sy ook 7 goue medaljes in haar klassifikasie-items verower.
  • Mieka Janse van Rensburg het die 100 m-IM-finaal gehaal en in die 200 m-rugslag ’n fenomenale verbetering van 9.08 sekondes behaal. Dit is ’n prestasie wat haar talent en toewyding beslis onderstreep.

Die VALIA-swemmers het met hul harde werk en sportmanskap Hoërskool Transvalia met trots verteenwoordig.

https://www.hstransvalia.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article