Baie geluk aan Cara Fourie, Hoërskool Upington, wat tydens die Irene Seymour-netbaltoernooi haar 100ste wedstryd vir Uppies se 1ste Netbalspan gespeel het.

100 Wedstryde gebeur nie sommer net nie. Dit is die resultaat van vroeë oggende, ure se oefening, opofferings, vasbyt en die besluit om elke keer weer alles op die baan te gee.

Cara, jy is die bewys dat harde werk, deursettingsvermoë en toewyding altyd vrugte afwerp. Jy dra die Uppie-kleure met trots en inspireer almal om jou met jou nederigheid, spanhart en veggees.

Mag hierdie mylpaal van 100 wedstryde net die begin wees van nog baie groot oomblikke en ‘n skitterende netbal-toekoms.

Uppies is ongelooflik trots op jou, Cara!

https://www.uppies.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article