Cantamus Koorkompetisie. Oranje Meisieskool Primêr van Bloemfontein se seniorkoor is aangewys as die beste primêre skoolkoor. Hierdie prestasie is behaal tydens die Cantamus Koorkompetisie in George vanaf 6 – 9 Augustus.

Die dogters het nie net hard gewerk nie, maar lekker ontspan ook. Hulle het in die Wildernis tuisgegaan. Hulle het die Kango-grotte, die see en ook die Garden Route Mall besoek tydens hierdie heerlike koortoer! Die meisies het ook ‘n splinternuwe koorlid bygekry tydens die naweek. Hierdie koorlid was selfs saam op die verhoog tydens prysuitdeling by die Cantamus Koorkompetisie. Sy naam is Krummels, die koorbeer.

Bloemfontein is trots op Oranje se senior koor
Welkom aan hul nuwe koorlid, Krummels
Lekker by die Kango Grotte
Lekker by die see

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjeprimer.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article