Bethlehem Voortrekker Hoërskool is trots om aan te kondig dat Annika van der Riet en Sua Janse van Rensburg. Hierdie twee skitterende hokkiespelers van BVHS is gekies om deel te wees van die Vrystaat se o.21-hokkiespan wat aan die IPT-toernooi in Gqeberha (PE) deelneem. Die toernooi duur van 9 tot 15 Augustus.
“Baie geluk met hierdie uitstaande prestasie! BVHS wens Annika, Sua en die hele Vrystaatspan alle sukses toe vir die komende toernooi.”
Foto verskaf






