Atletiek – Laerskool Truida Kestell in Bethlehem se atlete beleef ‘n uitstekende atletiek seisoen tot dusver. Tydens die afgelope Oos-Vrystaat kampioenskappe het Truida Kestell die meeste atlete gehad wat deelgeneem het aan die atletiek byeenkoms.

Nege en Twintig atlete het deurgedring na die Vrystaat Provinsiale kampioenskappe. Sewe rekords is verbeter.

Die volgende leerders het rekords verbeter:

  • D 0/13 Carla Britz 1500m en 800m
  • S 0/11 Molemo Moloi 80m
  • S 0/13 Khahlelo Maqelepo 100m en 150m
  • So/12 Mickaile Kaptein 100m

Truidjies is baie trots op hulle atlete se pragtige prestasies!!

Atletiek - Laerskool Truida Kestell atlete beleef 'n tot dusver 'n uitstekende seisoen
Atletiekspan Truida Kestell

#truidjietrots

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://truidakestell.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article