Ligawenners - Truida Kestell se tennisspanne vaar uitstekend
Ligawenners – Truida Kestell se tennisspanne vaar uitstekend

Ligawenners – Truida Kestell se tennisspanne vaar uitstekend


BETHLEHEM – Ligawenners. Die tennisspelers van Truida Kestell het vanjaar uitstaande prestasies gelewer. Hulle het die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit as Oos-Vrystaat wenners in verskeie afdelings.

Die o.10A-meisiespan het die liga gewen van Afdeling A en daarmee hul talent, toewyding en deursettingsvermoë deur die seisoen bewys.

Die o.10A-meisiespan Afdeling A het bestaan uit:
  • Zoë Müller
  • Zené Barends
  • Rianza Boshoff en
  • Hannah Wiggett

Hulle het deurgaans sterk vertonings op die baan gelewer.

Ligawenners - Truida Kestell se tennisspanne vaar uitstekend
Van links: Zoë Müller, Zené Barends, Rianza Boshoff en Hanna Wiggett
Die o.10A-meisiespan Afdeling B het bestaan uit:
  • Ariana Becker
  • Anke Bruwer
  • Mika Fourie
  • Cecelia Boshoff

Baie geluk aan hierdie talentvolle tennisspan wat die liga met deursettingsvermoë, spanwerk en uitstekende spel aangepak het.

Ligawenners - Truida Kestell se tennisspanne vaar uitstekend
Van links: Ariana Becker, Anke Bruwer, Mika Fourie en Cecelia Boshoff

Nog ‘n hoogtepunt was die prestasie van die o.10A-seunsspan, wat ook die Afdeling A-ligatitel ingepalm het.

Die o.10A-seunsspan het bestaan uit:
  • Janus Odendaal
  • Bester Grimbeek
  • Le Roux Wiggett
  • Janko Visser

Hulle het met uitstekende spanwerk en vasberadenheid hul teenstanders uitgestof.

Ligawenners - Truida Kestell se tennisspanne vaar uitstekend
Van links: Janus Odendaal, Bester Grimbeek, Le Roux Wiggett en Janko Visser

Die sukses het verder voortgeduur met die TKS 2 Ope B-span, wat eweneens as ligawenners gekroon is.

Die TKS 2 Ope B-span het uit die volgende spelers bestaan:
  • Reghardt Stemmet,
  • Müller Bosch,
  • Uys Wiggett
  • Stefflo du Plessis

Met goeie spel deurentyd het hulle hul afdeling met onderskeiding gewen.

Ligawenners - Truida Kestell se tennisspanne vaar uitstekend
Van links: Regardt Stemmet, Müller Bosch, Uys Wiggett en Stefflo du Plessis

Hierdie prestasies getuig van die sterk tenniskultuur wat by Truida Kestell gevestig is. Die spelers se harde werk, dissipline en sportmangees het ‘n belangrike rol in hul sukses gespeel. Die afrigters en ondersteuners verdien ook erkenning vir hul bydrae tot die ontwikkeling van die jong spelers.

Truida Kestell kan met trots terugkyk op ‘n besonder suksesvolle tennisseisoen. Die skool wens al die spelers geluk met hul uitstekende prestasies en sien daarna uit om op hierdie momentum voort te bou.

https://truidakestell.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article