‘n Groot eer het die Bergsig Skool in Kariega (voorheen Uitenhage) te beurt geval toe JD Esterhuizen, die skool se eerstespan-rugbyafrigter, as nasionale afrigter van LSEN-skole aangewys is.
Esterhuizen word hiermee die tweede personeellid wat die nasionale span brei nadat Leon Welgemoed ook voorheen diรฉ eer gehad het.

Oor sy aanstelling is Esterhuizen baie beskeie. Hy sรช hy was redelik verras oor sy aanstelling.
“‘n Mens se kanse is gewoonlik skraal om verkies te word uit baie aansoeke van regoor die land, omdat daar so baie goeie afrigters in ons land is,” sรช hy.
Hy is uiteraard baie dankbaar vir die geleentheid.
Esterhuizen sรช hy wil seker maak dat al die unies se afrigtingskorps sy plan vir die akademieweek, waar die SA LSEN-span gaan meeding om op die hoogste vlak deel te neem, sal ondersteun.
“Ons speel in die LSEN Cravenweek gedurende die toernooi . Daarna word die SA span gekies om by akademieweek deel te neem. Dis opwindende tye wat voorlรช,” sรช hy.
Welgemoed gaan Esterhuizen vergesel as tegniese adviseur, terwyl hy ook een van die hoofkeurders by die week sal wees.






You must be logged in to post a comment.