'n Jong ma van Franschhoek word al meer as twee weke vermis.
Tamsin Arnoldus (35) is al bykans twee weke vermis. Sy was laas gesien op 25 September by ‘n nagklub in die Paarl. Foto: Verskaf

Franschhoek-ma soek na vermiste dogter

'n Jong ma van Franschhoek word al meer as twee weke vermis.
Tamsin Arnoldus (35) is al bykans twee weke vermis. Sy was laas gesien op 25 September by ‘n nagklub in die Paarl. Foto: Verskaf

Die onsekerheid oor waar haar enigste dogter is, laat Sophia Arnoldus (66) van Franschhoek met ’n swaar hart terwyl sy hoop om haar dogter lewend terug te vind.

Tamsin Arnoldus (35) word al meer as twee weke vermis. Sy is volgens haar ma laas op 25 September by Upstairs Blues, ‘n nagklub in die Paarl, gesien.

Arnoldus weet nie wat haar dogter tentyde van haar verdwyning gedra het nie, aangesien sy nie haar dogter gesien het voordat sy nagklub toe is nie.

Die polisie het Woensdagmiddag by navraag aan Paarl Post gesê Tamsin is Dinsdag (13 Oktober) as vermis aangemeld.

“Ek wil net nie op ‘n lyk afkom nie,” het die bekommerde ma Woensdagmiddag (14 Oktober) aan Paarl Post gesê.

Tamsin se 12-jarige kind is volgens haar ma erg getraumatiseer deur haar verdwyning.

Arnoldus sê sy het Woensdagoggend weer ‘n dossier by die polisie laat open en moet nog die nodige dokumente onderteken voordat die saak as ‘n vermistepersoon-saak hanteer kan word.

“Sy is my enigste dogter. Ek weet nie wat ek verder moet sê nie. As sy net leef, is dit oukei as sy weg is,” sê Arnoldus.

Arnoldus smeek om hulp om haar dogter te vind.

“As enigeen enigiets weet van haar verdwyning, as hulle weet waar sy is en of sy oukei is vra ek van harte dat hulle my asseblief sal laat weet, die bekommernis is kry my onder,” het sy beklemtoon.

Mense met kennis oor Tamsin se verdwyning kan haar ma kontak by 076 757 9061.

Lt.Kol Frederick van Wyk sê die soeke na haar duur voort.

Enigeen met inligting oor waar sy haar mag bevind word vriendelik versoek om kontak te maak met die ondersoekbeampte a.o Cedrick Diedericks by 079 894 1720, of met Crime Stop by 08600 10111.

LEES OOK: Wellington man still missing two weeks after disappearing on Bainskloof Pass

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article