Binnekort tree die Paarlse sangeres Tamryn Madalé (33) saam met Francois van Coke op — 'n droom wat lank op haar wenslys gestaan het, word dan waar.
Tamryn Madalé (33), ‘n sangeres van die Paarl gaan binnekort die verhoog saam met Francois van Coke deel. Foto: Verskaf

Een van baie drome van Paarlse sangeres word binnekort waar

Binnekort tree die Paarlse sangeres Tamryn Madalé (33) saam met Francois van Coke op — 'n droom wat lank op haar wenslys gestaan het, word dan waar.
Tamryn Madalé (33), ‘n sangeres van die Paarl gaan binnekort die verhoog saam met Francois van Coke deel. Foto: Verskaf

’n Droom wat lank op haar wenslys was, word binnekort waar wanneer die Paarlse sangeres Tamryn Madalé (33) die verhoog met Francois van Coke deel.

Die droom word op 6 November bewaarheid tydens Alles van my, die bekendstellingsvertoning van haar nuwe kort album (EP), Eg, by Daisy Jones, net buite Stellenbosch.

“Om saam met Francois van Coke te kan optree, was een van my crazy drome. Nou word dit binnekort ’n realiteit,” sê Madalé.

Vir haar is die vertoning meer as net ’n musiekbekendstelling. Dit is ’n geleentheid om sonder voorgee meer van haarself met die gehoor te deel.

“Daar is soveel meer aan my as wat die oog kan sien. Met hierdie album word baie meer van wie ek werklik is, ontbloot,” sê sy.

Van Coke sê hy het die eerste keer van Madalé kennis geneem toe hy ’n video gesien het waarin sy die liedjie “Vier Seisoene” sing.

“Ek het dadelik baie daarvan gehou. Toe sy my vra om saam met haar op te tree, het ek gedink dit sal lekker wees om iets saam te doen.”

Van Coke sê hy geniet dit om met jong kunstenaars te werk en hulle nie net deur hul musiek nie, maar ook as mense te leer ken.

Madalé skryf reeds van kleins af liedjies. Haar musiek beweeg tussen pop, ballades en kontemporêre invloede, met eerlike lirieke en herkenbare emosies as gemene deler.

Haar nuwe enkelsnit, “Alles Gaan Okay Wees”, word op 23 Oktober uitgereik. Die lied is geïnspireer deur die trooswoorde wat mense dikwels vir mekaar sê wanneer die lewe moeilik raak.

Deur die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram het Madalé reeds verskeie verhooggeleenthede gekry. Sy het onder meer saam met Craig Lucas en Petronel Baard tydens Crescendo GOUD se Divas van Afrikaans opgetree en was deel van die KKNK se ATKV/RSG Kuierkol in Oudtshoorn.

Hoewel sy binnekort saam met Van Coke op die verhoog gaan staan, het sy nog ’n droom: om eendag saam met hom ’n liedjie op te neem.

LEES OOK: Cape Town invited to join 1 400-voice choir for World Singing Day

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article