die vloedmerk van 1988 in die pienk padstal
Asem word ál langs die Oranjerivier opgehou oor wat die piek van vanjaar se vloed gaan wees. Op Maandag 5 Mei is die vloei by die Augrabieswaterval in die Augrabieswaterval- Nasionale Park as 4 714 kubieke meter per sekonde (kumek) aangeteken. Genevieve Maasdorp, kommunikasiebestuurder van SANParke se ariede streek, het vroeër gesê die vloed van 2023 het by Augrabies ‘n piek van 4 596 kumek bereik, en in 2011 ‘n piek van 4 799 kumek. In 1988 is die piek as ongeveer 7 800 kumek aangeteken, en in 1974 net oor die 8 000 kumek. Magrieta Solomons wys die vloedmerk van 1988 in Die Pienk Padstal by Kakamas toe water op dié hoogte gevloei het. Kakamas is ongeveer 30 km vanaf Augrabies. Solomons is die afgelope 17 jaar die “ruggraat en regterhand” by die padstal, geleë net ná die Kakamas-brug oor die Oranjerivier. Teen druktyd het die watervlak by die N14-Kakamasbrug al met ongeveer 4 cm gesak. Inwoners sê die brug en pad is slegs oop vanweë die Kakamas-watergebruikersvereniging se kennis, harde werk en min slaap. “Die rivier druis steeds, en die water is steeds teen die treinbrug. Maar ons voete is nog droog,” sê ‘n inwoner. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article