Desere Finck van Kuruman, wat twee jaar gelede haar eerste boek publiseer het, se tweede boek is onlangs voltooi en gedruk.
Dié 39-jarige boorling van Barkly-Wes en oudleerder van die Hoërskool Pescodia in Kimberley vertel dat haar tweede boek, The journey of life, op haar eie lewensreis gegrond is.
“Like I’ve been to Georgia, California but I’ve never been to me,” haal sy aan, en noem dat sy spesifiek jongmense aanspreek. Vir dié rede is die tweede boek aan haar jongste suster Aquila, broers Chreswald en Cohen, asook haar twee seuns, Dalpiharo en Dalverno Finck, opgedra.
Finck is aktief by die Volle Evangelie kerk Wrenchville in Kuruman betrokke, ook as jeugleier.
“Ons lewe in ‘n gejaagdheid na wind, waarin ons eintlik net stil moet word en by Jesus se voete skuil,” sê sy.
Sy het die boek geskryf ongeag daarvan dat sy ‘n voltydse werk van Maandae tot Saterdae het. “Maar ons maak tyd vir dit waarvoor ons lief is,” sê sy.
Met die publisering van haar eerste boek, Tannie Dez stap kaalvoet met Jesus, het sy vertel dat haar liefde vir lees ontkiem het toe sy tydskrifte wat haar ma huis toe gebring het, begin lees het.
Later jare het ‘n Bybel wat sy as erfstuk by haar oorlede skoonma gekry het, haar “GPS” geword.
Finck is uitgenooi om die derde Cape Flats Literary Awards op 7 November in die Kasteel in Kaapstad by te woon. Dit word deur Shofar Books, wat haar boeke gedruk het, aangebied.
Vir meer inligting oor haar boek, skryf aan dalphinefinck@gmail.com.
LEES OOK: ‘Noord-Kaap-meisie’ skryf haar eerste boek; genooi na boekgeleentheid in Wes-Kaap





