Hettie du Plessis-Krüger en illustreerder, Magriet Fourie.
Hettie du Plessis-Krüger (links) en illustreerder, Magriet Fourie het kragte saamgespan. FOTO: Verskaf

Nuwe kinderboek bekendgestel by tweede Van Zylsrus-kunsteweek

Hettie du Plessis-Krüger en illustreerder, Magriet Fourie.
Hettie du Plessis-Krüger (links) en illustreerder, Magriet Fourie het kragte saamgespan. FOTO: Verskaf

Nuwe kinderboek Hettie
‘n Nuwe kinderboek, Klara vind háár Kalahari!, is tydens die onlangse en tweede Van Zylsrus-kunsteweek bekendgestel. Skrywer Hettie du Plessis-Krüger en illustreerder Magriet Fourie het hiervoor kragte saamgespan. Klara en haar gesin woon in Pretoria. Haar pa het in Van Zylsrus grootgeword en vertel haar altyd van die wonderlikste Kalahari-dinge. Met die Kuruman-rivier in vloed en Van Zylsrus se strate grootliks onder water, kry Klara die geleentheid om haar eie Kalahari te ontdek – deur die lense van haar pienk verkyker. Die geleentheid is deur die ATKV-tak Kalahari ondersteun en Petro Spangenberg is die wenner van ‘n midweek-wegbreek by ATKV-Buffelspoort wat met die voorafverkope van die boek aangebied is. By die geleentheid is van links Susan Joubert (voorsitter: ATKV-tak Kalahari), Spangenberg, Du Plessis-Krüger en Fourie. FOTO: Verskaf

LEES OOK: Van Zylsrus hou weer kunsteweek en skep verposing vir inspirasie

LEES OOK: Eerste kunsteweek in Van Zylsrus: ‘Opwindend vanaf die eerste oomblik’

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article