Sarel en Dolf du Plessis, by een van die bane tydens die Tierkop-skietdag.
Sarel en Dolf du Plessis, by een van die bane tydens die Tierkop-skietdag. FOTO: Verskaf

Skuts ontmoet hul ‘tier’ gedurende uitdaging op nuwe baan


Hennie Viljoen is as die eerste “Tierkop Myl se Tier” – die beste langafstandskut – tydens die onlangse en eerste Tierkop-skietdag aangewys.

Dié ghong-uitdaging is op die skietbaan van Sarel en Mar-Louise du Plessis op die plaas Tierkop aangebied waar skuts hul korrelvernuf oor afstande van 200m tot 1 607m kon uittoets.

Viljoen en sy spanmaat, Japie Moller (Team Titan), was die beste span in die jaggeweer én langafstand-afdeling, sowel as die beste “uiters langafstand”-span. Moller is ook as die beste skut met ‘n jaggeweer aangewys.

Hennie Viljoen en sy spanmaat, Japie Moller (Team Titan), was die beste span in die jaggeweer- én langafstand-afdeling, sowel as die beste “uiters langafstand”-span en het onder meer ATKV drasakke én skeersakkies ontvang. Sarel en Mar-Louise du Plessis, organiseerders van die Tierkop-skietdag, op Plaas Tierkop buite Kuruman, het die pryse oorhandig. FOTO: Hettie Krüger

TJ Snyman en sy spanmaat, Willem Visser (Willehonde) het ‘n tweede plek in die jaggeweerspankompetisie behaal.

Snyman was tydens ‘n gelukkige trekking ook die wenner van ‘n gratis midweek-of naweekwegbreek in een van ATKV-Buffelspoort se nuut opgegradeerde vierbed rondawels. Hettie Krüger, vise-voorsitter van ATKV-tak Kalahari het die prys aan hom oorhandig.

TJ Snyman was tydens ‘n gelukkige trekking die wenner van ‘n gratis midweek-of naweekwegbreek in een van ATKV-Buffelspoort se nuut opgegradeerde vierbed-rondawels. Hettie Krüger, visevoorsitter van ATKV-tak Kalahari het die prys aan hom oorhandig. FOTO: Verskaf

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article