Richtersveld
‘n Hondgesig by die Kokerboomkloof-kampterrein in die Richtersveld- Nasionale Park. FOTO: Helena Barnard

Richtersveld
Dit is nie net in wolke waar dolfyne, hasies of ander voorwerpe raakgesien word nie. Die neiging om dit te doen, staan as pareidolie bekend: wanneer ‘n mens allerlei voorwerpe, patrone van lig en skaduwee, en meer, in jou waarneming na gesigte of iets bekends omskakel. Anders as met wolke, waar die waarneming vinnig voor die son verdwyn of vervorm, bly dit wat ‘n mens in rotse sien, eeue lank dieselfde โ€“ afhangend van hoe die lig of skaduwee op die tydstip van waarneming val. Hierdie hondgesig met spits ore is op die Kokerboomkloof-kampterrein in die Richtersveld- Nasionale Park opgemerk. En terwyl die hittegolwe oor diรฉ bergwoestyn bewe, sing ‘n mens saam met die sonbesies: “Who let the dog(s) out?” FOTO: Helena Barnard
Met ‘n bietjie verbeelding sien ‘n mens hoe die klipmangesig (links) met ‘n vies gesig na sy vrou (regs) kyk. Sy het ‘n platmondglimlag, smal oรซ en ‘n woeste haredos. FOTO: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article