Bruinkopvisvanger
‘n Inwoner van Kimberley, Leon Venter, laat weet: “Vanoggend was ek buite besig, en my oog vang iets wat haastig vlieg en in die hibuskusboom gaan sit. Dis toe ‘n bruinkopvisvanger (“brown-hooded kingfisher”), wat na my mening nie gereeld hier voorkom nie. Selfs die Gariepglasogie (“Orange River white-eye”) het nader gekom om te verneem of daar nie dalk fout was met sy GPS-koördinate nie.” Die bruinkopvisvanger se dieet bestaan meestal ​​uit ongewerweldes, klein voëltjies en reptiele wat op droë land gevang word en sluit af en toe klein vissies, krappe en paddavissies in. Dié voël hoef nie naby water te leef, soos sy naamgenote, nie. Volgroeide bruinkopvisvangers is ongeveer 23 cm lank. FOTO: Leon Venter

LESERSFOTO | Ongeag sy naam – visvang traak hom nie te veel

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article