Kimberley -psigiatriese hospitaal
Die amptelike opening van die Kimberley- psigiatriese hospitaal wat in 2019 plaasgevind het. Credit: Helena Barnard

Nege persone wat na bewering betrokke is by ‘n toegekende tender tydens die bou van die Kimberley- Psigiatriese Hospitaal sal in Julie weer in die landdroshof verskyn.

Dit kom nadat nog ses verdagtes op Woensdag 28 Mei in verband met die saak in hegtenis geneem is.

Vyf het Woensdag vlugtig voor die landdroshof in Kimberley verskyn, terwyl ‘n sesde in die hof in Kaapstad verskyn het.

Hulle is deur lede van die span vir ondersoek na ernstige korrupsie van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) in hegtenis geneem. Die span het lasbriewe vir inhegtenisneming in onderskeidelik Kimberley en Kaapstad bedien.

Op Maandag 2 Junie het vyf van diรฉ verdagtes saam met drie ander in die hof verskyn. Diรฉ drie is die voormalige LUR vir vervoer, paaie en openbare werke, John Block; sy voormalige hoof van die departement, Patience Mokhali; en sakeman Tshegolekae Motaung, wat in 2023 in die saak in hegtenis geneem is.

Five of the six suspectes in court.
In die Kimberley-landdroshof, op 28 Mei, is van links Laurencia Crause, Louis Adriaan van Niekerk, Winston Modisa Moyahi, Motlalepula Elias Selemela en Ruth Palm. Foto: Verskaf / Valke

Die negende beskuldigde, wat in Kaapstad in hegtenis geneem is, kon weens swak gesondheid nie die hofverskyning bywoon nie.

Lt. kol. Tebogo Thebe, Valke-woordvoerder, sรช hulle staan โ€‹tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiรซle Bestuur.

Die ses wat verlede week in hegtenis geneem is, is die voormalige hoof van die departement van paaie, vervoer en openbare werke, Motlalepule Elia Selemela; voormalige waarnemende hoof Ruth Palm; en voormalige direkteure van Babereki Consulting โ€“ Laurencia Crause, Louis Adriaan van Niekerk, Edward Charles Petzer en Winston Modisa Moyahi. Petzer het Woensdag in die hof in Kaapstad verskyn.

Thebe sรช na bewering het die voormalige hoof, Selemela, gedurende Augustus 2005 ‘n kontrak vir die oprigting van die nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley toegeken.

Die projek sou in September 2005 begin. Voorts het die voormalige waarnemende hoof van dieselfde departement, Palm, na bewering ‘n kontrak van R36 miljoen goedgekeur sonder om behoorlike verkrygingsprosedures te volg.

Die aanvanklike begroting vir hierdie projek was R297 miljoen. Weens swak vakmanskap, die sloping van sommige strukture vir hersteldoeleindes en die verandering van kontrakteurs, het die begroting tot meer as ‘n miljard rand gestyg.

Die voormalige direkteure van Babereki Consulting is van bedrog, geldwassery en korrupsie aangekla.

Hulle het glo R51 miljoen van die departement ontvang, terwyl hulle daarvan bewus was dat hulle geen kontrak met die departement gehad het nie.

Woensdag is die beskuldigdes op borgtog, wat van R2 000 tot R10 000 wissel, vrygelaat.

Die saak is tot 16 Julie uitgestel.

Spesiale verlof te midde van hofverskyning

Nรก sy hofverskyning verlede week, het die bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit se begrotingsfasiliteit vir infrastruktuur (BFI), Winston Moyahi, met onmiddellike ingang spesiale verlof geneem.

Thabo Mothibi, kommunikasiebestuurder by die munisipaliteit, sรช in ‘n mediaverklaring dat die aanklagte teen Moyahi en ander beskuldigdes verband hou met Moyahi se betrokkenheid by ‘n ingenieursfirma meer as 22 jaar gelede. Dit hou nie verband met die Sol Plaatje-munisipaliteit of Moyahi se huidige rol by die munisipaliteit nie.

Thapelo Matlala, munisipale bestuurder, het Moyahi se versoek om spesiale verlof aanvaar.

“Hoewel die grondwetlike beginsel van ‘onskuldig totdat skuldig bewys’ altyd gehandhaaf moet word, waardeer ons mnr. Moyahi se besluit.

“Dit is in die beste belang van die instelling, veral as in ag geneem word dat die BFI die munisipaliteit se grootste waterinfrastruktuurprojek tot nog toe is,” sรช Matlala.

“Ons het beduidende vordering gemaak met die herstel en opknapping van ons grootmaatwaterinfrastruktuur, en mnr. Moyahi se kundigheid het die uitvoering van die BFI versterk.

“Die aanklagte teen hom vereis egter dat ons ook die reputasierisiko in ag neem,” het Matlala bygevoeg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article