Sirkus van die siel, 'n unieke produksie vanuit die Apollo-teater in Victoria-Wes.
Sirkus van die siel, ‘n unieke produksie vanuit die Apollo-teater in Victoria-Wes.

Kinders vind talenttuiste op Apollo-verhoog en vertel verhaal wat inspireer


Sirkus van die siel is 'n unieke produksie vanuit Victoria-Wes.
Sirkus van die siel, ‘n produksie waarin drama, dans, musiek en verbeelding gebruik is, en meer as 40 kinders uit die gemeenskap van Victoria-Wes, was op Donderdag 18 Junie en Vrydag op die verhoog van die Apollo-teater. Gemeenskapsteater het hier wortel geskiet, en die dorp het ‘n teatergroep wat weekliks byeenkom. Hierdeur word talent ontdek, ervaring opgedoen en lewensvaardighede ontwikkel. Die Apollo-teater is in 1928 as ‘n bioskoop begin en is die enigste Art Deco-rolprentteater wat in Suid-Afrika oor is. Op die verhoog is van links Jevandré Jantjies (Steve die Sterkman), Gernaro Esau (Daniël die Sirkusmeester), Pieter-Louis Swart (Leonard die Leeutemmer), Thandiwe Maloi (Ronald die Reus) en Juliana Scholtz en Anke Hugo (die Siamese Susters). Besoek Apollo Theatre Victoria West op Facebook vir meer inligting en ook om meer van dié produksie te sien. FOTO: Facebook

LEES OOK: Lig skyn weer by Noord-Kaap se art deco-teater

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article