Annelie Botes se verhoogstuk dié naweek in ikoniese Apollo-teater

Emercia de Lange op die verhoog in Duiwelsbrood.
Emercia de Lange op die verhoog in Duiwelsbrood. FOTO: KUNSKOORS

Annelie Botes se verhoogstuk dié naweek in ikoniese Apollo-teater


Die enigste verhoogstuk van die bekende skrywer, wyle Annelie Botes, is eerskomende Saterdag op die verhoog van die Apollo-teater in Victoria-Wes te sien.

Duiwelsbrood handel oor die dobbelverslawing van ‘n vrou, en dié verslawing lei daartoe dat haar gesin alles verloor. Dit veroorsaak dat haar man dit nie meer kon hanteer nie, haar wegjaag, en sy in ‘n losieshuis beland.

Emercia de Lange en Vinita Gouws op die verhoog in Duiwelsbrood.
Ermercia de Lange (links) en Vinita Gouws op die verhoog. FOTO: KUNSKOORS

Botes se skryfwerk is voorheen as “onverbiddelik eerlik met opregte menslikheid” beskryf, en dit is ook duidelik in dié verhaal van Hester Verster, ‘n wiskundeonderwyseres wie ná ‘n eerste besoek aan ’n dobbelhuis vasgevang word in sy kloue.

Duiwelsbrood word beskryf as ‘n werklike insig in die lewe, die liefde en pyn van die skepsel genaamd mens.

Emercia de Lange en Vinita Gouws is op die verhoog, en die regie word deur Marlene Pieters behartig.

Dit word na Victoria-Wes gebring deur die ATKV-tak Victoria-Wes, Peaat en die ATKV-tak Peaat, in samewerking met die Apollo-teater. Peaat – die Port Elizabethse Afrikaanse Amateur Toneelvereniging – is die oudste Afrikaanse amateur toneelgroep in Suid-Afrika en is in 1951 gestig om ‘n verhoog vir amateurtoneel in Afrikaans te skep.

  • Dit begin om 18:30 en kaartjies kos R100 per persoon.
  • Skakel 073 932 0001 of besoek Apollo Theatre Victoria West op Facebook vir meer inligting.

LEES OOK: Lig skyn weer by Noord-Kaap se art deco-teater

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article