Ds Marlon Petro, musikant
Ds Marlon Petro van die VGK Upington is ook ‘n bedrewe musikant. FOTO: Verskaf

Kalahari-gasvryheid en kampvuurstories deel van kermis


‘n Unieke familie-pretdag en kampvuurstories, wat groot pret gaan oplewer, is deel van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Upington se Kermis 2026 wat die naweek plaasvind.

Vir diรฉ rede nooi die VGK Upington die gemeenskap om deel te wees van ‘n fees wat anders as enige gewone kermis is.

Met die tema “Wortels wat anker, bome wat nuwe vrugte dra”, bied die gemeente ‘n reeks geleenthede aan wat geloof en Kalahari-gasvryheid vier.

VGK Upington
Die VGK-terrein in Upington. FOTO: Verskaf

Die fees begin op Vrydag 31 Julie met die Hartklop van die Kalahari-langarmdans, maar alle oรซ is gevestig op Saterdag 1 Augustus, wanneer die kerkterrein in Davidtstraat, Uitbreiding 12, omskep sal word in ‘n bruisende ligging vir ‘n familie-pret- en braaidag.

“Van vroegoggend af sal daar iets vir elke ouderdomsgroep wees”, verseker Willy Willemse, voorsitter van die VGK se reรซlingskomitee.

Die jongspan kan hulself geniet met verskillende speletjies wat afgesluit sal word met ‘n fliekvertoning, aldus Willemse. Die besoekers kan ook smul aan ‘n heerlike tradisionele braaipak, afgerond met hoendervlerkies op ‘n stokkie, kaiings, roosterkoeke en nog vele lekkernye.

LEES OOK: Gemeente in Upington herdenk 150ste bestaansjaar in feestelike atmosfeer

Een van die groot trekpleisters van die dag is die pastoriekampioenskap, ‘n unieke, vriendelike sportkompetisie waar verskillende kerke, besighede, organisasies, skole en gemeenskapsgroepe teen mekaar meeding.

Volgens die organiseerders gaan dit nie net oor sport nie, maar oor die bou van nuwe vriendskappe, spanwerk en gemeenskapsgees. Spanne word aangemoedig om hul gemeenskappe met trots en eer te verteenwoordig en deel te wees van ‘n dag vol pret en gesonde mededinging, sรช Willemse.

Kuiertradisie herleef

Wanneer die son sak, wag nรณg ‘n besonderse hoogtepunt. Kampvuurstories gaan die ou Kalahari-kuiertradisie laat herleef. Rondom die vuur sal inspirerende, humoristiese en nostalgiese stories met mekaar gedeel word – stories wat laat lag, laat dink en mense nader aan mekaar sal bring.

“In ‘n tyd waar mense dikwels deur skerms van mekaar geskei word, wil VGK Upington weer die eenvoudige vreugde en lekkerte van saamkuier en storievertel in ons gemeenskappe terugbring”, sรช Willemse.

Die feesprogram, wat saamval met die kerk se 150ste bestaansjaar, strek daarna voort met verskeie hoogtepunte waaronder ‘n Meneer en Mejuffrou Kermis ’26, die groot kermisdag op 5 September en ‘n dankseggingsdiens op 6 September.

  • Saamgestel deur Willy Willemse en Nick Pretorius
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article