Fokus en konsentrasie word vereis
Fokus en konsentrasie word vereis om kolskoot te skiet terwyl die teiken beweeg. FOTO: Helena Barnard

Goue Oues vernuftig en geesdriftig by Golden Oldies-kampioenskap

Fokus en konsentrasie word vereis
Fokus en konsentrasie word vereis om kolskoot te skiet terwyl die teiken beweeg. FOTO: Helena Barnard

Die vyfde uiters suksesvolle Golden Oldies-kampioenskap is verlede week in Kimberley aangebied.

‘n Totaal van 18 spanne van verskeie aftreeoorde in die stad, en ook van Douglas, Griekwastad en Bloemfontein, het aan die prettige geleentheid deur die Noord-Kaap-streek van die Vereniging vir Demensie en Alzheimer se siekte in Suid-Afrika (Adasa) in samewerking met die Acacia-aftreeoord, deelgeneem.

Verlede jaar se wenspan, Yonder 1, het Vrydag hul aankoms met groot fanfare aangekondig en ook hul plan om hul titel te verdedig. Stillerweรซ se span 3 het egter ook planne gehad om die wentrofee te lig, en is vanjaar se Golden Oldies-kampioene met 118 punte. Huis Heldersig se span 2 was tweede met 117 punte, en Stillerweรซ se span 2 in die derde plek met 116 punte.

Spanlede van Yonder
Gimel Isaks (middel), ‘n welstandspraktisyn by Yonder, saam met twee van die spanlede. FOTO: Helena Barnard

Weerspieรซl gesonde leefstyl

Soos met die vorige Golden Oldies-kampioenskappe moes spanlede hul vernuf by ses verskillende stasies met speletjies – wat onder meer balans, hand-oog-koรถrdinasie en fyn motoriese beweging vereis – bewys. Enkele nuwe speletjies is ook ingebring.

Emsie Malan, Adasa-streekbestuurder, sรช die byeenkoms weerspieรซl ‘n gesonde leefstyl wat vir bejaardes aanbeveel word. Nie net is hulle tydens die byeenkoms aktief nie, maar verkeer hulle sosiaal met bejaardes van ander aftreeoorde, en word hul vernuf deur aktiwiteite wat die brein stimuleer, getoets.

Boonop skep dit bewusmaking van ondersteuning wat Adasa kan verskaf. Die geleentheid volg op Wรชreld Alzheimer-maand wat jaarliks in September plaasvind, met vanjaar se tema “The Earlier You Know, The More You Can Do: A Dementia Diagnosis Matters”.

LEES OOK: Early diagnosis and legal planning key messages on World Alzheimerโ€™s Day

Skiet bewegende teiken
Korrel en skiet terwyl die teiken voortdurend beweeg, is geen maklike taak nie. FOTO: Helena Barnard

Demensie beskryf โ€™n groep simptome wat verband hou met โ€™n afname in geheue, redenasie of ander denkยญvaardighede. Verskillende soorte demensie bestaan, met Alzheimer se siekte een van die mees algemene vorms daarvan. Dit is bevind dat die handhawing van โ€™n gesonde leefstyl iemand se kans om demensie op te doen, kan verminder.

Dit sluit in gereelde oefening, gebalanseerde dieet, genoeg slaap, om sosiaal aktief te bly, en aktiwiteite wat die brein stimuleer.

‘Leef eerder as net oorleef’

Met eerste Golden Oldies-kampioenskap wat in 2022 plaasgevind het, het Hannes Noรซth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, as gasspreker opgetree. In sy boodskap aan die bejaardes het hy gesรช ‘n mens moet leef eerder as net oorleef. Hy het gesรช die bejaardes kom uit โ€™n geslag wat taai was, geleef het en alles oorleef het.

โ€œOok moet hulle steeds hul roeping leef, al is hulle bejaard. โ€™n Mens se roeping hou nie op omdat โ€™n mens nie meer jonk is nie,โ€ het hy opgemerk.

Wys vernuf by spele
Drie manne wat ook hul vernuf by die Golden Oldies gewys het, is van links Val Groenewald van Stillerweรซ, Bennet Sekgoro van Galeshewe Association for the Care of the Aged (Gaasca) en Pieter Stassen, ook van Stillerweรซ. FOTO: Helena Barnard

Vanjaar se besoekende spanne was van Huis Spes Bona van Douglas, Huis Heldersig van Griekwastad en Trans-50 van Bloemfontein, met die Kimberley-spanne afkomstig van Acacia, Ons Huis, Belgrave Lodge, Yonder, Minerva Gardens, Stillerweรซ, Galeshewe Association for the Care of the Aged (Gaasca) en Thebe Ya Kgmotso.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article