Gemeenskap word groen met skenking en plant van bome en vetplante

AfriForum se Keimoes-take het tydens Boomplantmaand verskeie bome en vetplante in die dorp geskenk en geplant.
AfriForum se Keimoes-take het in Boomplantmaand verskeie bome in die dorp geplant. FOTO: Unsplash / Ter illustrasie

Gemeenskap word groen met skenking en plant van bome en vetplante

AfriForum se Keimoes-take het tydens Boomplantmaand verskeie bome en vetplante in die dorp geskenk en geplant.
AfriForum se Keimoes-take het in Boomplantmaand verskeie bome in die dorp geplant. FOTO: Unsplash / Ter illustrasie

AfriForum se Keimoes-tak het in samewerking met skole, kerke en gemeenskapslede in Boomplantmaand 144 bome en vetplante aan plaaslike instellings en gemeenskapslede geskenk en geplant.

Altesaam 20 olienhout- en witkareebome en ‘n aantal vetplante is aan die Neilersdrift- Intermediรชre Skool geskenk, terwyl 24 bome aan Hoรซrskool Keimoes geskenk is. Die Loxtonvale-gemeenskap het 20 bome ontvang, terwyl 30 bome en ‘n aantal vetplante aan die Soverby-gemeenskap oorhandig is.

Tydens besoeke aan die skole het Dirk Malan, bestuurslid van AfriForum Keimoes-tak, oor die belangrikheid van bome en plante vertel.

Van die betrokkenes tydens die boomplant-sessie by Neilersdrift- Intermediรชre Skool
Van die betrokkenes tydens die boomplant-sessie by Neilersdrift- Intermediรชre Skool. FOTO: Verskaf

Leerders is aan verskillende boom-, struik- en vetplantspesies bekendgestel. Daar is onder meer verduidelik dat Suid-Afrika ongeveer 155 spesies aalwyne en drie spesies kokerbome het. Die olienhout (Olea europaea subspesie africana) is aan die kinders as 2026 se Boom van die Jaar uitgewys.

As deel van praktiese opleiding is gewys hoe ‘n 2 liter-plastiekbottel gebruik kan word om ‘n jong boom stadig van water te voorsien.

Die AGS kerk Keimoes het 18 bome ontvang, terwyl die NG kerk Keimoes/Neilersdrift nege bome en die Rooms-Katolieke kerk Keimoes se Vrouebond drie bome ontvang het. Benewens diรฉ skenkings is 20 bome aan belangstellende inwoners van Keimoes geskenk.

“Wanneer ‘n kind leer hoe om ‘n boom te plant รฉn te versorg, plant ons eintlik ook ‘n saad van verantwoordelikheid vir die toekoms,” sรช Malan. AfriForum Keimoes-tak bedank al die skole, kerke, organisasies en gemeenskapslede wat deelgeneem het en saamgewerk het om Boomplantmaand prakties en sigbaar te maak.

LEES OOK: Keimoes se waterwiel weer funksioneel en foto-gereed nรก herstelwerk

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article