Estie Botha, Hoopdraer van die Noord-Kaap vir 2025.
Estie Botha, Hoopdraer van die Noord-Kaap vir 2025. Foto: Verskaf

Estie Botha van die Caritas Gemeenskapsfokus in Kimberley is as die Hoopdraer vir 2025 in die Noord-Kaap aangewys. Diรฉ eerbewys erken maatskaplike werkers wat tot die hantering van maatskaplike uitdagings bydra, en ‘n veilige ruimte en geborgenheid vir diegene skep wat dit nodig het.

Luidens ‘n peiling van Solidariteit Helpende Hand voel Suid-Afrikaners toenemend onseker oor hul plek in gemeenskappe. Faktore soos werkloosheid, gesinsverbrokkeling, stres, fragmentasie in die gemeenskap, en ‘n gebrek aan ondersteuning verswak die gevoel van geborgenheid. Dit wys dat geborgenheid ‘n maatskaplike noodsaaklikheid vir stabiliteit en veerkragtigheid is.

Lize van Zyl, ‘n maatskaplike werker en maatskaplike bestuurder van Solidariteit Helpende Hand, sรช maatskaplike werkers is uiters belangrik vir die vestiging van geborgenheid in gemeenskappe. Hulle doen dit deur emosionele ondersteuning te bied en sosiale aanvaarding te bevorder.

Passievol om mense by te staan

Botha, bestuurder van opleiding en professionele ontwikkeling by Caritas, is ‘n gebore Noord-Kaapenaar. Sy werk die afgelope 32 jaar by Caritas. Sy het vroeg reeds ‘n M-graad in kliniese maatskaplike werk, met die hooffokus op gemeenskapsontwikkeling, verwerf.

Onder haar leiding het Caritas sy eerste kleuterskool, in Greenpoint in Kimberley, begin. Dit het so goed gegaan dat al hoe meer soortgelyke kleuterskole deur Caritas gevestig is. Sedertdien is 12 sulke vroeรซkinderontwikkelingsentrums oor die Noord-Kaap heen gevestig.

Botha hou daarvan om nuwe stelsels te skep wat die werk vir ‘n organisasie vergemaklik. Sy het gedurende 1998 gesien dat min hulpbronne in Kimberley en die Noord-Kaap bestaan vir die hantering van getraumatiseerde kinders.

Saam met Estie Botha, Hoopdraer vir die Noord-Kaap 2025, is Somรฉ 
Ferreira (links, maatskaplike werker in die Noord-Kaap-streek vir Solidariteit Helpende Hand) en Sanri Stone (verteenwoordiger van Noord-Kaap Solidariteit).
Saam met Estie Botha, Hoopdraer vir die Noord-Kaap 2025, is Somรฉ Ferreira (links, maatskaplike werker in die Noord-Kaap-streek vir Solidariteit Helpende Hand) en Sanri Stone (verteenwoordiger van Noord-Kaap Solidariteit). Foto: Verskaf

Haar pad het met emosionele en forensiese assessering gekruis, en sy het met spelterapie begin. Caritas het sedert 2000 op klein skaal met ‘n terapeutiese eenheid vir getraumatiseerde kinders begin. Dit het uitgebrei na ‘n volledige toegeruste terapiesentrum wat dienste aan kinders en volwassenes lewer. In 2023 het Botha haar tweede M-graad, in forensiese assessering, verwerf. Dit is haar passie om mense te begelei tot herstel en ontwikkeling.

Botha werk aan ‘n eenheid vir Caritas wat op ontwikkeling en opleiding vir sy personeel fokus. Sy bied ook opleiding met werknemershulpprogramme aan ondernemings. Boonop bied Botha ondersteuning en opleiding aan gemeenskapsversorgingprojekte deur kerke, en bied ‘n pastorale ondersteuningsprogram aan die NG kerk van die Noord-Kaap ten tye van rampe.

Sy word as ‘n waardige ontvanger van diรฉ eerbewys beskou, omdat sy daadwerklik tot sterker gemeenskapsontwikkelingstrukture en gesonder gemeenskappe bydra.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article