Verdagtes in R36 miljoen-diefstalsaak by sekuriteitsfirma betaal glo in kontant

Thapelo Sithonga (41), een van die aangeklaagdes
Thapelo Sithonga (41), een van die aangeklaagdes, Maandag in die hooggeregshof in Kimberley. FOTO: Charné Kemp

Verdagtes in R36 miljoen-diefstalsaak by sekuriteitsfirma betaal glo in kontant

Thapelo Sithonga (41), een van die aangeklaagdes
Thapelo Sithonga (41), een van die aangeklaagdes, Maandag in die hooggeregshof in Kimberley. FOTO: Charné Kemp

Die polisie het stapels kontant bo-op sommige aangeklaagdes se huisplafonne gevind, terwyl ander glo in kontant vir voertuie en huisverbeteringe betaal het ná ‘n rooftog in 2016 waarin R36 miljoen na bewering van die sekuriteitsmaatskappy G4S in Kimberley gesteel is.

Beskuldigdes sluit ʼn huidige sowel as voormalige polisiebeamptes in, asook oud-personeellede van G4S.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle op 6 Mei 2016 kontant ter waarde van R36 476 547,90, saam met ‘n .38 Special Rossi-rewolwer, van G4S gesteel het. ‘n Ander beskuldigde, ‘n voormalige polisiebeampte, is oorlede nadat hy ‘n paar jaar gelede sy meisie en homself geskiet het.

GS4 case with seven suspects
Die beskuldigdes tydens ‘n hofverskyning in 2025, Van links is Samuel Jantjies, Jennifer Claasen, Deon Jantjies, Jean Pierre Wolfaard, Conrad Buys en Thapelo Sithonga. FOTO: Charné Kemp

Die beskuldigdes is Samuel Raynouw Jantjies (51) van Florianville, ‘n polisiebeampte wat steeds in diens is; Jennifer Claasen (52) van Beaconsfield; Deon Densel Jantjies (42) van Victoria-Wes; Jean Pierre Wolfaardt (32) van Southridge; Conrad Buys (31) van Barkly-Wes en Thapelo Sithonga (41) van Galeshewe. Hendrik Daniels (41) van Kimberley is die oorlede polisiebeampte.

LEES OOK: R36 million heist trial postponed until 2026, ten years after theft from vault

Op Maandag 25 Mei het sers. Tsepo Mogolwa van die polisie se misdaadrekordsentrum in die hooggeregshof in Kimberley getuig oor foto’s wat hy van die kontant, rekkies waarmee die kontant gebind is, plastieksakke, ammunisie en selfone geneem het. Dit is in ʼn foto-album tesame met bewysstuk-saknommers vervat. Hy het ook monsters van raak-DNS- van die stapels R200-note afgeneem. Van die bewysstukke is in huise in Florianville en Beaconsfield in Kimberley, asook Victoria-Wes gevind, meer as ʼn week ná die rooftog.

Vroeër in die verhoor wat twee weke gelede begin het, is getuig dat Jantjies na bewering meer as R100 000 in kontant vir ʼn aanbouing by sy huis betaal het, terwyl daar nog ʼn balans uitstaande was. Wolfaardt het ook glo nadat hy op advertensies reageer het, ʼn voertuig en ‘n motorfiets van meer as R500 000 in kontant gekoop.

Aanklaers voer aan dis ‘n versinsel

Volgens die gewysigde opsomming van wesenlike feite in die akte van beskuldiging was die G4S Cash Solutions-perseel in North Circular-weg op die betrokke aand onder die toesig van Claasen. Claasen het daardie nag gewerk toe die krag na bewering omstreeks middernag afgegaan het.

Met die ligte af, het Samuel Jantjies na bewering oor die muur van die perseel geklim. In die donker, en met die sekuriteitstelsels afgeskakel, het die samesweerders na bewering toegang verkry tot die kluis waar G4S miljoene rande in kontant bewaar het. Hulle het geweet waar om die geld te vind wat die volgende dag vervoer moes word. Hulle het ook ‘n .38 Special Rossi-rewolwer, die eiendom van G4S, gevat.

LEES OOK: Sewe weer vas ná 7 jaar

Claasen het aan speurders gesê sy is deur onbekende manlike aanvallers vasgebind. Na bewering het die rowers haar aangeval, vasgebind en die geld uit die kluis gesteel. Volgens die staat het die beskuldigdes moeite gedoen om hul spore dood te vee deur die fop-rooftoneel op te stel, met bewyse wat moes aandui onbekende misdadigers het by die perseel ingebreek en die geld gesteel.

Al die beskuldigdes, behalwe Sithonga wat in aanhouding is, is op ‘n waarskuwing vrygelaat.

Adv. Ricardo Jacobs kla aan. Adv. Boitumelo Babuseng verskyn namens Jantjies, adv. Marcus Mafaro namens Claasen, Riaan Bode namens Wolfaardt, Herklaas Venter namens Buys, en Renier Pieterse namens Sithonga.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article