photo album and decoration
Nasionale Fotoplakboekkunsdag (National Scrapbook Day) is ook in Kuruman gevier. FOTO: Kristyna Vyvolej / pexels.com

Onlangs is nog ‘n suksesvolle byeenkoms ter viering van Nasionale Fotoplakboekkunsdag (National Scrapbook Day) in Kuruman aangebied.

Op Saterdag 7 Februarie was dit die tiende jaar dat geleenthede ter viering van diรฉ dag oor die land heen aangebied is. Die geleentheid in Kuruman is by die NG Oog-gemeente se kerksaal gehou en vanjaar se tema was “Wille Flaminke”.

Hiertydens het die ATKV-tak Kalahari Taalgenoot-tydskrifte aan die teenwoordiges geskenk, en Antoinette Burke (‘n cricut-ambassadeur) het die drukwerk op baie van die vroue se T-hemde gedoen.

Wille Flaminke
Van links, voor: Hettie Krรผger (vise-voorsitter, ATKV-tak Kalahari), Lee-Ann Lamprecht, Rina Albutt en Michelle Burger; middel: Kay Strydom, Ivy Lourens, Engela van der Walt, Susan Joubert (voorsitter, ATKV-tak Kalahari), Anet Swart (organiseerder: Burlap & Butterflies Scrapbooking) en Antoinette Burke (Cricut-ambassadeur); agter: Anita Lombaard, Amanda van Heerden, Yvonne Cilliers en Azell Swanepoel. FOTO: Verskaf

Anet Swart van Burlap & Butterflies Scrapbooking het in 2019 vir die eerste maal sรณ ‘n fotoplakboekkunsdag in Kuruman aangebied met die tema “Mad Hatters,” gevolg deur “1950’s” in 2020.

Die Covid-19-pandemie het 2021 en 2022 se plakboekdae tot digitale weergawes omskep, maar dit het ‘n nuwe era van jaarlikse uitdagings tot gevolg gehad. Sedertdien word daar steeds jaarliks byeenkomste op verskillende plekke gehou, maar almal neem aan dieselfde aanlyn-uitdagings deel.

Kuruman se tema vir 2023 was “Gatsby” en 2024 se tema “Safari in die Kalahari.” In 2025 is dit vir die eerste keer in Kathu as ‘n gesamentlike byeenkoms vir Kathu- en Kuruman se fotoplakboekkuns-geesdriftiges aangebied met die tema “Casino”.

Die viering van diรฉ dag is jaarliks ‘n groot hoogtepunt op die kalender en die datum in Februarie word maklik ‘n jaar vooruit reeds omkring. Dit sal in 2027, op Saterdag 6 Februarie, weer in Kathu gehou word en die tema is “Karnaval”.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article