Die VLV Kuruman-tak is onlangs as die VLV Sirkel Kalahari se wentak vir 2026 aangewys, met die Vryburg-tak wat die tweede plek ingeneem het, en Reivilo die derde plek.
Kuruman-tak het ook die trofee gewen vir die tak wat die meeste items vir die 93ste jaarlikse konferensie ingeskryf het.
Dié konferensie het in middel Maart by Boa-fé in Kuruman plaasgevind, met Amoré Bekker as hoofspreker met die tema, “Werk met die kaart wat vir jou gedeel is”.
Lede van al drie takke van Sirkel Kalahari – Kuruman, Vryburg en Reivilo – het die konferensie wat deur die Kuruman-tak aangebied is, bygewoon.
Die Kuruman-tak het ook die trofee gewen vir die tak wat die meeste items vir die konferensie ingeskryf het. Lede van dié tak wat presteer het, is:

Leefstyl-afdeling
- Wissel-afdeling gevorderd (rugsak uit ‘n denim): Zelda Lombaard (eerste, 86%), Arina Beukes (tweede, 84%) en Rina Scheepers (derde, 78%).Masjienwerk gevorderd (kortmou somersrok): Karin van der Walt (eerste, 85%) en Arina Beukes (tweede, 83%).
- Masjienwerk beginners (somersrok met moue): Zoë Lombaard (tweede met 82%).
- Breiwerk gevorderd (langmoutrui met kabels): Rina Scheepers (eerste, 83%) en Hettie Green (tweede, 82%).
- Breiwerk beginners (gilet vir ‘n dogtertjie): Joey Botha (tweede, 83%).
- Hekel gevorderd (hoek tot hoek kussing vir ‘n kind): Arina Beukes (eerste, 85%), Hannetjie Smit (tweede, 83%) en Hettie Green (derde, 82%).
- Hekel beginners (toiletsakkie met blommeblokkies): Zoë Lombaard (eerste, 85%).
- Borduurwerk beginners (Kruissteek op gaas): Rina Scheepers (derde, 80%).
- Gebak (vrugtebrood): Alta Roets (tweede, 82%) en Anna-Marie Louw (derde, 81%).
Kunste en handvlyt-afdeling
- Blommerangskikking gevorderd (verplasing): Carla Salim (eerste, 85%) en Marelie Keuler (derde, 83%).
- Blommerangskikking beginner (verplasing): Madri Nieuwoudt (eerste, 80%), Theresa Potgieter (tweede, 79%) en Anna-Mari Louw (derde, 78%).
- Beeldende kuns gevorderd (skilder met koffie of tee): Erika Engelbrecht (derde, 80%).
- Beeldende kuns beginner (skilder met koffie of tee): Corné Griessel (derde, 72%).
- Handvlyt (vilt-aktiwiteitsboek vir kleuter): Arina Beukes (eerste, 85%), Anet Strauss (tweede, 80%) en Zelda Lombaard (derde, 78%).
- Fotografie (roes of afgedopte verf): Petro Spangenberg (tweede, 85%).
- Woordkuns (digitale advertensie): Theresa Potgieter (eerste, 90%) en Karin van der Walt (derd, 87%).

LEES OOK: ‘Wille Flaminke’ pak elke uitdaging van fotoplakboekkuns met oorgawe aan




