Witpenssuikerbekkie op blom
‘n Witpenssuikerbekkie (“white-bellied sunbird”). Foto: Leon Venter

Witpenssuikerbekkie op blom
Wat ‘n gewone foto van ‘n witpenssuikerbekkie (“white-bellied sunbird”) moes wees, het ‘n behoorlike kopkrappery afgegee. “Ek was in die tuin besig en sien toe diรฉ witpenssuikerbekkie-mannetjie al geselsend in die kanferfoeliebos rondspring,” vertel Leon Venter. Hy neem toe ‘n paar foto’s van die suikerbekkie, en toe hy dit later op sy rekenaar bekyk, sien hy ‘n rooierige voorwerp aan die voรซl se sy wat byna aan ‘n bosluis of soort uitgroeisel herinner. Eers nadat hy die foto’s aansienlik op die rekenaar vergroot het, is die “misterieuse verskynsel” ontrafel. “Dit wil voorkom of die suikerbekkie met sy regterpootjie oor ‘n gedeelte van die blomstam getrap en hoรซr op vasgeklou het. Nou steek ‘n stukkie van ‘n blom onder die beentjie by die liesgedeelte uit, en lyk dit soos ‘n sakkie of iets dergliks.” Die suikerbekkie leef hoofsaaklik van nektar van blomme, maar sal ook insekte eet. Foto: Leon Venter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article