Mike Rhode (83) een van Bloemfontein se mesmakers.
Mike Rhode (83), een van Bloemfontein se mesmakers.

Bloem-messkou wys, met demonstrasies, kuns van handgemaakte pragstukke

, ,

‘n Heel nuwe atmosfeer wag wanneer die jaarlikse messkou op 6 en 7 November by die Ramblersklub in Bloemfontein aangebied word.

Van staal tot funksionele kuns – die besondere vakmanskap van handgemaakte messe sal die kollig steel wanneer mesmakers, versamelaars en entoesiaste byeenkom vir die Bloemfontein-messkou.

Die Bloemfonteinse Mesmakersklub bevorder reeds sedert 1991 die kuns van handgemaakte messe. Die klub is destyds deur ’n klein groepie plaaslike mesmakers gestig, wat hul passie en kennis met eendersdenkende vakmanne wou deel.

LEES OOK: Blade forged in flames of passion

Meer as drie dekades later het die klub gegroei tot ongeveer 45 lede, insluitend drie lede van die Mesmakersgilde. Dit bied steeds ’n platform waar ervare vakmanne en ontluikende mesmakers hul kennis kan deel, hul vaardighede kan ontwikkel en die tradisie van mesmaak vir toekomstige geslagte kan bewaar.

Jaco Mulder, voorsitter van die Bloemfonteinse Mesmakersklub, sê hulle sien baie uit na vanjaar se skou.

“Dit is ‘n lekker gesellige byeenkoms van mense wat deel in die mooi en kundigheid van handgemaakte messe.”

Indrukwekkende verskeidenheid messe vertoon

Mulder sê daar gaan vanjaar 40 uitstallers wees, waarvan ‘n hele paar wat ver reis om hul pragstukke te vertoon en te verkoop. Benewens die mesmakers sal verskaffers van staal, eksotiese hout en ander produkte wat in die maak van messe gebruik word, hul ware ten toon stel.

Die Bloemfontein-messkou bied geleentheid om hierdie besonderse kunsvorm wat gewoonlik agter werkswinkeldeure beoefen word aan die publiek bekend te stel, meen Mulder.

Besoekers kan uitsien na ‘n indrukwekkende verskeidenheid handgemaakte jag-, nuts-, sjef-, vastelem- en knipmesse, asook besonderse versamelstukke.

Benewens die uitstallings, is daar ‘n smeedemonstrasie – waar besoekers sal kan sien hoe verhitte staal met ‘n hamer gevorm en geleidelik in ‘n lem omskep word.

‘n Pragtig handgemaakte Damaskus-sjefmes deur Riaan Bester sal as prys weggegee word in ‘n gelukstrekking. Elke toegangskaartjie van R40 gee die houer daarvan outomaties een inskrywing vir die trekking.

Nog ‘n opwindende hoogtepunt op vanjaar se messkou is ‘n Chef Knife Challenge deur sjef Patso Nikolov en mesmaker Tiaan Groenewald.

Hierdie demonstrasie bring twee wêrelde bymekaar: die vakmanskap van die mesmaker en die praktiese kundigheid van ‘n professionele sjef.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article