Kleinskaalse vissers wil hul stemme laat hoor. Foto: Adrian Venter
Kleinskaalse vissers wil hul stemme laat hoor. Foto: Adrian Venter

Willie Aucamp, minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DFFE), het gelas dat alle appèlle van kleinskaalse vissers teen besluite van die gedelegeerde owerheid oor die toewysing van die Totale Toegepaste Ekwivalent (TAE) in die tradisionele lynvissektor, met prioriteit afgehandel moet word teen Donderdag 5 Maart.

Dit was in reaksie op die hoë volume appèlle wat ontvang is. Die groot hoeveelheid aansoeke het die dringendheid en erns van hierdie sake uitgelig, met die huidige toewysings wat op Saterdag 28 Februarie verval.

Hierdie tydlyn neem in ag dat die voorgeskrewe tydperk van 30 dae vir die indiening van appèlle teen die besluite van die gedelegeerde owerheid oor die tradisionele lynvis op Maandag 2 Maart verval.

Aucamp se opdrag is ook daarop gemik om te verseker dat elke appèl deeglik, wettiglik en op ‘n wyse oorweeg word wat die departement se verbintenis tot billikheid, verantwoordbaarheid en die volhoubare gebruik van Suid-Afrika se mariene hulpbronne weerspieël.

Volgens Hilda Adams, voorsitter van die Weskus Kleinskaalse Vissersforum, het 14 lede van die Weskus Kleinskaalse-forum appélle ingedien. Adams weet nie wat die uitkoms van die appélle gaan wees nie en beskryf dit as ‘n senutergende ervaring juis omdat baie kleinskaalse vissers heeltemal van die see afhanklik is met geen ander inkomste nie.

Kleinskaalse vissers word gemaan om dringend appèl aanteken teen besluite van die gedelegeerde owerheid oor die toewysing van die Totale Toegepaste Ekwivalent in die tradisionele lynvissektor.

Dit was in reaksie op die hoë volume appèlle wat ontvang is. Die groot hoeveelheid aansoeke het die dringendheid en erns van hierdie sake uitgelig, met die huidige toewysings wat op Saterdag 28 Februarie verval.

Hierdie tydlyn neem in ag dat die voorgeskrewe tydperk van 30 dae vir die indiening van appèlle teen die besluite van die gedelegeerde owerheid oor die tradisionele lynvis op Maandag 2 Maart verval.

Aucamp se opdrag is ook daarop gemik om te verseker dat elke appèl deeglik, wettiglik en op ‘n wyse oorweeg word wat die departement se verbintenis tot billikheid, verantwoordbaarheid en die volhoubare gebruik van Suid-Afrika se mariene hulpbronne weerspieël.

Volgens Hilda Adams, voorsitter van die Weskus Kleinskaalse Vissersforum, het 14 lede van die Weskus Kleinskaalse-forum appélle ingedien. Adams weet nie wat die uitkoms van die appélle gaan wees nie en beskryf dit as ‘n senutergende ervaring juis omdat baie kleinskaalse vissers heeltemal van die see afhanklik is met geen ander inkomste nie.

“Met ‘n toekenning waar meer as 20 koöperasies nie bote gaan kry nie, sal baie vissers nie kan voortbestaan nie. Dit gaan ‘n negatiewe impak hê op ons lewens. Werkloosheid en armoede gaan toeneem en ons weet nie wat die ander nagevolge nog kan wees nie.

“Dit is ‘n kringloop van negatiewe nagevolge. Ons vissers gaan krepeer en dit is hartseer omdat baie vissers in kleinbote belê het.”

Adams meen dit is ook ‘n hartseer situasie om te dink dat ‘n stelsel so iets aan tradisies doen wat al vir eeue in werking is. 

“Ons moet heeltyd veg en die besluit is teenstrydig teen die beleid wat ons ontvang het, dit is teenstrydig met die regulasies en die ondersteuning wat die departement vir ons as kleinskaalse vissers belowe het. Daar is net geen transformasie nie. Hoekom moet ons so gestraf word deur die regeringstelsel wat ons nie betrek in besluite nie?”

Aucamp sê hy verstaan die frustrasie en onsekerheid wat hierdie besluite vir kleinskaalse vissers geskep het en wil hulle verseker dat hul bekommernisse met empatie en erns benader word. “Tog vereis goeie regering noukeurige, wettige besluitneming. Ons sal getrou bly aan daardie verpligting terwyl ons so vinnig as moontlik werk om die probleem op te los.”

Die departement sê voorts hulle is bewus daarvan dat die appèlle belangrike kwessies opper rakende die prosedurele billikheid van die besluitnemingsproses, die redelikheid van die uitkomste, en die potensiële implikasies vir die lewensbestaan ​​en sosio-ekonomiese welstand van kleinskaalse vissersgemeenskappe.

Aucamp erken ook die druk waarmee kleinskaalse vissers te kampe het en die belangrikheid van sekerheid vir kusgemeenskappe wie se lewensbestaan ​​afhang van verantwoordelike toegang tot mariene hulpbronne. Terwyl die appèlproses die behoorlike administratiewe prosedure moet volg, is die departement daartoe verbind om die assesserings so doeltreffend moontlik af te handel.

Alle betrokke belanghebbendes word aangemoedig om geduldig te bly terwyl die departement die wetlik vereiste stappe volg om te verseker dat die kwessies wat geopper word, behoorlik geëvalueer word. Die departement voeg by dat hulle sal voortgaan om opdaterings te verskaf soos die appèlproses vorder.

Adams meen DFFE is besig om kleinskaalse vissers se tradisie, voortbestaan en nalatenskap dood te maak en dit is krities dat die appélproses se uitkoms in hul guns moet tel. “Ons bid en hoop daarvoor, want wat anders moet die vissers doen?” 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article