Woordfees: Bekroonde akteur wen R1 miljoen vir sy droomproduksie

De Klerk Oelofse vier sy sege in die eerste The Perfect Pitch van die Woordfees. Foto: Jaco Marais

Woordfees: Bekroonde akteur wen R1 miljoen vir sy droomproduksie

De Klerk Oelofse vier sy sege in die eerste The Perfect Pitch van die Woordfees. Foto: Jaco Marais

’n Volle orkes of niks – dis hoe die bekroonde akteur en teatermaker De Klerk Oelofse sy wenkonsep vir die eerste The Perfect Pitch by die Toyota Stellenbosch Woordfees op Donderdag 8 Oktober verduidelik het.

Die talentvolle akteur het R1 miljoen as ontwikkelingsfinansiering gewen nadat agt teatermakers elk vyf minute in die Adam Small-ouditorium gekry het om hul droomproduksies voor ’n paneel en gehoor te regverdig, met Alan Committie as seremoniemeester.

“Of ons nou die universiteite waar ek dit ook wil opvoer se orkeste gebruik of die geld uithaal vir ’n professionele orkes, ons gaan dit doen,” het Oelofse oor Sodom en Cremora geskerts.

LEES OOK: Musikant in drie produksies op die Woordfees-verhoog

Raak betrokke

Die ander finaliste was Brett Bailey (Alice in Pondoland), Jason Jacobs (Sout), Dylan McGarry (Whale Fall), Byron Klassen en Miché van Wyk (Khomani & Euridika: Die lied onder die koperstof), Brendon Daniels (Spat), Nicola Hanekom (Die deurnagtrein van slaapwaens) en Carel Nel (Vastrap).

Carel Nolte van EasyEquities, een van vier paneellede saam met Cornelia Faasen (NATi), Pieter Toerien (Pieter Toerien Productions) en Saartjie Botha (Toyota Stellenbosch Woordfees), het R20 000 aan elk van die oorblywende finaliste toegeken.

“Ons wil hê meer organisasies moet betrokke raak sodat ons meer geld en wenners kan hê,” het Nolte gesê.

Toerien het die aand se waarde opgesom: “Ek is vanaand opnuut herinner aan die waarde van feeste. Omdat hulle vanaand hier ’n platform gehad het, sal daardie agt vertonings êrens gerealiseer en aangebied word. En dis waarom feeste daar is.”

Botha, direkteur van die fees, het verduidelik hoe die konsep vir The Perfect Pitch ontstaan het.

Om ’n fees te reël beteken om elke jaar by nul te begin – programmering kom voor finansiering verseker is, wat dit ’n groot risiko maak. “Die hardste werk van alles is om geld te kry,” het sy gesê.

Die inisiatief se eerste jaar het waardevolle lesse opgelewer, en die hoop is om dit volgende jaar met meer struktuur weer aan te bied.

LEES OOK: Toyota Stellebosch Woordfees: Paarliet wen 11de kortverhaalkompetisie

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article