An urgent special council meeting is underway in Stellenbosch. Photo: Stellenbosch Municipality
Die laaste sitting van die huidige Stellenbosch-staadsraad is Woensdag 21 Oktober gehou.

Foto || Van koes vir drinkglase tot ‘n stadsraad wat saamwerk


Stellenbosch-stadsraad
Die laaste sitting van die Stellenbosch-munisipaliteit se huidige stadsraad het Woensdag 21 Oktober plaasgevind, met vele groot besluite op die vooraand van die plaaslike verkiesing. Talle kloppe op die skouers is onder mekaar uitgedeel. Onder die pluimpies vir die raadslede was dié van die speaker, Quintin Smit, wat die afgelope 15 jaar in dié warm stoel gesit het. Smit het die raadslede gelukgewens vir die afgelope vyf jaar en die vordering wat tydens die termyn gemaak is. Hy het bygevoeg dat hy steeds die dae goed onthou toe glase nie in die raadsaal toegelaat is nie, omdat raadslede van ouds mekaar glo daarmee bestook het. ‘n Nuwe stadsraad sal na afloop van die plaaslike verkiesing (Woensdag 4 November) saamgestel word. Foto: Yaël Malgas
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article