Stellsorg Stellenbosch
Bettie Niewoudt (agter, middel), direkteur van Stellsorg Stellenbosh, en Madelane Smith (links) en Kosie Adams van die Nora Tyres-kleuterskool in Cloetesville, by die kleuters wat vir die gaste op die jaarlikse Decameron-wynveiling ten bate van Stellsorg gesing het.

Stellsorg se jaarlikse wynveiling help gesinne in nood

Stellsorg Stellenbosch
Bettie Niewoudt (agter, middel), direkteur van Stellsorg Stellenbosh, en Madelane Smith (links) en Kosie Adams van die Nora Tyres-kleuterskool in Cloetesville, by die kleuters wat vir die gaste op die jaarlikse Decameron-wynveiling ten bate van Stellsorg gesing het.

‘n Aand van goeie wyn, vrygewigheid en omgee vir kinders en gesinne in nood.

Die jaarlikse Decameron-wynveiling ten bate van Stellsorg Stellenbosch het Donderdag 22 Oktober by die bekende Decameron-restaurant in Stellenbosch plaasgevind en dié geldinsameling help nou dié organisasie om kinders van naby en vere by te staan.

Hierdie besondere geldinsamelingsgeleentheid bring mense bymekaar wat ‘n verskil in die lewens van kwesbare kinders, gesinne en gemeenskappe wil maak.

Die aand was ‘n viering van goeie wyn, uitsonderlike items, lekker kos en, bowenal, ‘n gedeelde passie vir ‘n beter toekoms vir kinders en gesinne.

LEES OOK: Foto’s | Jongelinge geniet Jeugdag in Stellenbosch

StellSorg Stellenbosch, ‘n organisasie wat vanjaar 120 jaar se diens aan die gemeenskap vier, speel ‘n belangrike rol in kinderbeskerming, gesinsbewaring en gemeenskapsontwikkeling.

Deur voorkomingsprogramme en praktiese ondersteuning werk die organisasie daaraan om gesinne te versterk, kinders te beskerm en gemeenskappe meer veerkragtig te maak.

Dra by tot voorkoming, opleiding en vroeë ondersteuning

Die opbrengs van die wynveiling help StellSorg om voort te gaan met programme wat ‘n volhoubare verskil maak. Dit sluit in ouerleiding, opleiding vir ouers en onderwysers, en ondersteuning aan kinders en gesinne wat met uitdagende omstandighede te kampe het.

Een van die organisasie se belangrike fokusse is om volwassenes toe te rus met praktiese vaardighede om verhoudings te verbeter, konflik konstruktief te hanteer en kinders se emosionele welstand te bevorder.

Deur voorkoming, opleiding en vroeë ondersteuning kan baie probleme aangespreek word voordat dit tot groter krisisse lei.

Vanjaar se geleentheid was weer eens ‘n sukses, danksy die ondersteuning van donateurs, plaaslike ondernemings, wynprodusente en individue wat bereid is om hul tyd, produkte en hulpbronne vir ‘n goeie doel beskikbaar te stel.

Volgens StellSorg is elke bydrae belangrik. Agter elke geldinsamelingsbedrag is daar die moontlikheid om ‘n kind te beskerm, ‘n ouer te bemagtig, ‘n gesin te ondersteun of ‘n gemeenskap sterker te maak.

Die Decameron-wynveiling is dus veel meer as net ‘n elegante aand uit. Dit is ‘n belegging in Stellenbosch se kinders, gesinne en toekoms.

  • Stuur ‘n e-pos aan Karen Badenhorst, vrywillger en geldinsamelaar, by decameron4stellcare@gmail.com vir nog inligting oor StellSorg Stellenbosch se werk of om toekomstige geldinsamelings-inisiatiewe te ondersteun.

LEES OOK: Making Stellenbosch healthier through musical collaboration

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article