Jeugdag is Dinsdag (16 Junie) in Cloetesville gevier met die hulp van StellSorg, wat ook op die dag sy 110de verjaarsdag gevier het. Bettie Nieuwoudt, wat aan die stuur van StellSorg is, het help kolwyntjies uitdeel. Foto: Yaël Malgas
Foto’s | Jongelinge geniet Jeugdag in Stellenbosch
Jeugdag is Dinsdag (16 Junie) in Cloetesville gevier met die hulp van StellSorg, wat ook op die dag sy 110de verjaarsdag gevier het. Bettie Nieuwoudt, wat aan die stuur van StellSorg is, het help kolwyntjies uitdeel. Foto: Yaël Malgas
Netbal-, sokker- en rugbyspelers van die Hoërskool Cloetesville en die plaaslike Ou Apostoliese kerk het op Jeugdag (Dinsdag 16 Junie) by die Cloetesville-sportterrein kragte gemeet. Die pretdag, wat deur wyk 17 se wykskomitee aangebied is, het groot opwinding opgelewer. Al die deelnemers van die onderskeie sportkodes het die dag saam geniet. Foto: Yaël MalgasIn Idasvallei het die jongspan Dinsdagoggend vroeg by die parkie in Newmanstraat byeengekom waar Charlton Davids, ‘n jeugleier in die gemeenskap, met die kinders gesels het. Foto: Yaël MalgasBy die Breughel-teater in Cloetesville het jongmense en diegene wat jonk van gees is, Jeugdag en verjaarsdagviering gehou. Die geleentheid het gesorg vir twee keer die pret waar kinders van die gemeenskap saam met die StellSorg-span dié organisasie se 110de verjaarsdag gevier het. Die kleinspan is bederf met warm sop en verjaarsdag-kolwynties. Foto: Yaël Malgas
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.
You must be logged in to post a comment.