Die kragboks brand in Irisweg, Macassar.
Die kragboks brand in Irisweg, Macassar.

Reeks kragboksaanvalle teister Macassar: Vier reeds afgebrand


Macassar is ‘n brandpunt vir kragboksaanvalle, het Eskom bevestig, nadat vier voorvalle die afgelope weke aangemeld is.

Die jongste was op Dinsdag 21โ€‰Julie toe ‘n kragboks in Irisweg aan die brand gesteek is en inwoners drie dae sonder krag was. ‘n 19-jarige is in hegtenis geneem (“Tiener vas oor brand van kragboks,” DistriksPos & Helderberg Gazette, 29 Julie).

'n Kragboks lรช gesmelt in Irisweg, Macassar, nadat dit met petrol aan die brand gesteek is.
‘n Kragboks lรช gesmelt in Irisweg, Macassar, nadat dit met petrol aan die brand gesteek is.

Felicia Brains, ‘n woordvoerder vir Eskom, het gesรช ‘n toename in soortgelyke voorvalle is in die Macassar-gebied ervaar.

Die polisie se taakspan vir noodsaaklike infrastruktuur doen ‘n eksterne ondersoek, terwyl Eskom ook sy eie doen. Brains kon nie vasstel of die voorvalle met koperdiefstal verband hou nie. Die ondersoeke sal die motief vasstel en bepaal of dit verband hou met koperdiefstal of ander misdadige aktiwiteite by kritieke infrastruktuur. Die volle omvang word nog bepaal en Eskom kon nie sรช wat die skade beloop nie.

“Eskom veroordeel alle vandaยญlisme, diefstal en skade aan infrastruktuur. Hierdie aktiwiteite lei nie net tot duur herstelwerk nie, maar raak ook gemeenskappe deur die elektrisiteitsvoorsiening te ontwrig en dienslewering te benadeel,” het Brains gesรช.

Sy het bygevoeg Eskom hersien voortdurend maatreรซls om sy infrastruktuur te beskerm. Weens veiligheidsoorwegings kan Eskom nie spesifieke maatreรซls bekendmaak nie. Hy werk egter steeds saam met wetstoepassing en ander belanghebbendes om misdade wat met infrastruktuur verband hou, te ontmoedig.

“Eskom doen ‘n beroep op die publiek om enige verdagte aktiwiteite wat met elektrisiteitsยญinfrastruktuur verband hou by die polisie of deur Eskom se aanmeldingskanale aan te meld. Gemeenskapsondersteuning bly noodsaaklik in die stryd teen misdaad wat op infrastruktuur gemik is.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article