Ons het Agoa nodig
“Ek het ’n gesprek eersdaags met die Amerikaanse ambassadeur, Brent Leo Bozell III, waar Agoa uiteraard op die agenda gaan wees,” het Willie Aucamp, die minister van landbou, wat as gasspreker by die AgriSA se kongres opgetree het, aan Die Papier gesê.
“Ek gaan vir hom sê Suid-Afrika se boere het Agoa nodig. Ons kan nie met alles wat ons trotseer, met die hoë insetkostes, brandstof, kunsmis, al hierdie dinge wat ons in die gesig staar, sonder Agoa nie.”
Aucamp sê hy werk ook hard aan ander handelsooreenkomste. Tot dusver in sy termyn het hy handelsooreenkomste beklink met Egipte (vir die uitvoer van rooivleis), Indië (sitrus) en China (kersies). Hy hoop om binne die volgende maand ook ’n ooreenkoms oor bloubessie-uitvoere met China te sluit.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
