VRK: Matfield en Kitsie verskil oor gehalte

Oud-Bok Victor Matfield.
Oud-Bok Victor Matfield. Foto: Gallo Images.

Die voormalige Springbokke Victor Matfield en Steven Kitshoff stem saam oor baie dinge van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) – maar nie oor die gehalte van dié toernooi nie.

Albei oud-Bokke het met Die Papier gesels voor die naweek se vyfde ronde en het uiteenlopende menings. Matfield reken die gehalte is nie so hoog soos wat hy dit graag sal wil sien nie. “Jy moet onthou die oorsese spanne het nie volsterkte spanne hierheen gestuur nie. Namate die kompetisie vorder, sal sterker spanne gekies word, want almal besef indien jy die kompetisie wil wen, moet jy in halfeind- en eindstryde tuis speel.”

Kitshoff het gesê die “kompetisie is die sterkste nog” en “waar in die verlede gevoel is ons spanne vaar nie goed oorsee nie, het die Sharks die teenoorgestelde teen Cardiff bewys”.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos