Daar is ’n rede hoekom meer mense tans met hooikoors sukkel: Nuwe navorsing toon dat die stuifmeellandskap in Suid-Afrika verander en dat boomstuifmeel in binnelandse stede verdubbel het.
Klimaatsverandering, lugbesoedeling en uitheemse bome kan die las op mense met hooikoors verder verhoog.
Die eerste vyfjaar-stuifmeelkalenders van die Suid-Afrikaanse Stuifmeelmoniteringsnetwerk (Sapnet) toon dat boomstuifmeel in stede soos Johannesburg en Pretoria sedert 2019 verdubbel het.
Grasstuifmeelvlakke het in dié tyd in die meeste streke gedaal. Vir mense met allergiese rinitis – algemeen bekend as hooikoors – kan hierdie verskuiwing gevolge hê. Stuifmeel in die lug kan die immuunstelsel se allergiese reaksie ontketen, wat lei tot nies, ’n toe of lopende neus, jeukerige oë en soms ’n verergering van asmasimptome.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
