Oppiwater: Wen ’n reis op dié boot

Die MSC Armonia.

“Daar is nie stukkende robotte, lang gras, politiek, verkiesings of padblokkades nie. Jou grootste uitdagings is om betyds by die opvoerings en etes uit te kom.”

Só beskryf Frans Swart, die Oppiwater-feesdirekteur, “hierdie mees unieke kunstefees in die wêreld”.

“Jy het al die teaterproduksies om na uit te sien, jou luukse verblyf en al jou etes is ingesluit, daar is heerlike mengeldrankies, laat kuiers en veral nuwe vriendskappe.”

Volgende jaar se Oppiwater-kunstefees word van 14 tot 19 Februarie op die luukse MSC Armonia aangebied en vaar van Durban na Mosambiek se tropiese eilande Pomene en die Portugese Eilande.

Meer as 35 verskillende produksies word aangebied, wat wissel van komedie, drama, klug, musiek, sang, kuns en ander kunsvorms. Heelwat debuutproduksies word aangebied.

Dit sluit die klug Stertjies en Tertjies in. Die drama Dit wat merke los, ’n huldeblykproduksie aan Johnny Cash en June Carter, Johnny’s June, ’n tequila-proekompetisie en ’n huldeblykproduksie aan Chris Blignaut, Ou Ryperd!, is op die program.

Die groot leserskompetisie

Die groot prys sluit die volgende in:

  • ’n Binnekajuit vir twee persone.
  • Drie formele etes, asook versnaperings deur die dag en toegang tot ’n pizza-stasie.
  • Koffie, tee, vrugtesap en water.
  • Vervoer van Durban se lughawe na die Durban-hawe.
  • Alle kaartjies vir die vertonings wat die wenners wil bywoon.
  • ’n Uitnodiging na die kunstenaars- en BBP-skemerkelkgeleentheid om al die kunstenaars te ontmoet.

Neem só deel

Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die kompetisie is Vrydag 6 November. Die wenner word op Vrydag 13 November aangekondig. Om deel te neem, SMS die volgende na 37338: Papier, gevolg deur jou naam, van, e-posadres en stad of dorp.

Besprekings kan gedoen word by www.oppiwater.co.za of telefonies by 011 844 6073. Vir meer inligting, skakel Monica Booysen by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na oppiwater@rsg.co.za.

Bepalings en voorwaardes

Wenners moet self by die Durban-lughawe of Durban-hawe uitkom. Die prys bestaan slegs uit die elemente hierbo genoem. Ander uitgawes, soos enige ekstra verblyf aan land, drankies, spesialiteitsetes en -drankies, data, telefoonoproepe, uitstappies en soortgelyke koste, is vir die wenner se eie rekening.

Die beslissing van die organiseerders is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

SMS’e kos R1,50 elk en daar is geen beperking op die aantal SMS’e wat gestuur mag word nie.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos