Trump besef glo Republikeine sal Huis verloor

Pres. Donald Trump en visepres. JD Vance in die Withuis in Washington. Foto: Saul Loeb, AFP.
US-POLITICS-TRUMP

Pres. Donald Trump is reeds deur sy raadgewers ingelig dat hy definitief die Huis van Verteenwoordigers in die Amerikaanse kongres op Dinsdag 3 November se middeltermynverkiesing gaan verloor; ook dat ’n toenemende waarskynlikheid bestaan dat die Demokrate die senaat gaan beheer. Trump self is nie meer ontkennend oor die moontlikheid nie.

Hy het vandeesweek aan joernaliste gesê indien dit gebeur, sal hy staatmaak op die omvattende vetoreg van die president en ooreenkomste met Demokratiese kongresleiers onderhandel. Hy en visepres. JD Vance was die afgelope weke op ongekende bykomende veldtogtoere, wat veral daarop toespits om Republikeinse kandidate vir die Senaat te ondersteun. Trump, wat twee jaar gelede in die presidentsverkiesing verkies is, se termyn beloop vier jaar, met die volgende presidentsverkiesing in 2028.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos