Tesourie syfers knou RNE se 3%-groei-droom

Pres. Cyril Ramaphosa maak die minister van finansies, Enoch Godongwana, se das reg voordat Godongwana sy mediumtermynbegrotingstoespraak lewer. Foto: GCIS.
Pres. Cyril Ramaphosa maak die minister van finansies, Enoch Godongwana, se das reg voordat Godongwana sy mediumtermynbegrotingstoespraak lewer. Foto: GCIS.

Miljoene vir polisievoertuie en GBV

Enogh Godongwana, minister van finansies, het ook tydens die mediumtermynbegrotingstoespraak aangekondig dat R810 miljoen in 2027-’28 bestee sal word om die polisie se voertuigvloot te vernuwe. Die aangepaste begroting maak ook R516 miljoen in die huidige boekjaar beskikbaar vir die Madlanga-, Khampepe- en Nkabinde-ondersoekkommissies.

Geld in die polisiebegroting word hertoegewys om forensiese laboratoriums en misdaadondersoeke te versterk en agterstande te verminder. Volgens syfers wat die Nasionale Forensiese Toesig- en Etiekraad aan die parlement voorgelê het, is slegs 3 471 van die 238 707 DNS-profi ele wat in 2025- ’26 opgestel is binne die vereiste 30 dae afgehandel. Dit vertraag strafsake met jare.

Verder word R823 miljoen in 2026-’27 aan die weermag beskikbaar gestel om die polisie te help om bendegeweld en onwettige mynbou te bekamp. Om geslagsgebaseerde geweld (GBV) te bestry, word R186 miljoen herbestem vir forensiese dienste, ondersoekvermoë en die vermindering van forensiese agterstande.

GBV geniet weer aandag nadat ’n spul moorde op vroue tussen Julie en September in Ekurhuleni, Gauteng, plaasgevind het. Nog R3,8 miljard word oor die medium termyn herbestem om 3 552 maatskaplike werkers aan te stel vir voorkoming, vroeë ingryping en om GBV-slagoff ers te ondersteun.

’n Bykomende R157,4 miljoen is aan die departement van vroue, jeug en mense met gestremd hede toegewys vir die koördinasie van GBV-ingrype. 


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos