Ollie le Roux wil sien dat die Vrystaat weer floreer

Faf de Klerk, die skrumskakel van die Cheetahs, het verlede Sondag ’n enkelbesering teen Bayonne in Frankryk opgedoen. Hy sal vandeesweek ’n skandering ondergaan om die erns daarvan te bepaal. Foto: Dirk Kotze/Gallo Images.

Vir die Cheetahs om weer ’n krag in Suid-Afrikaanse rugby te word, moet ’n gesamentlike plan tussen die Vrystaat-rugbyunie, Shimlas, Ixias, klubs en skole bewerk word.

Dis hoe Ollie le Roux, ’n oud-Springbok, in ’n gesprek met Die Papier oor die saak dink. “Elke instelling kan sy identiteit en verantwoordelikhede behou, maar almal moet saamwerk ten opsigte van spelerontwikkeling, die ondersteuning van afrigters, geriewe en die samestelling van ’n wedstrydkalender.

“Twee universiteite, wat deel van die Varsitybeker-reeks is, is ’n besondere bate en belowende jong spelers moet geloofwaardige aanbiedinge ontvang. Dit moet saam met die rugby ook studies insluit op pad na ’n professionele loopbaan.”

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos