Maynier kap terug oor ‘rasseprofiele’ by skole

David Maynier.
David Maynier. Foto: Gallo Images.

Die portefeuljekomitee oor basiese onderwys word gebruik as ’n politieke platform om skole in die Wes-Kaap aan te val, sê David Maynier, die LUR vir onderwys in dié provinsie.

Maynier, wat intussen deur die DA se Geordin Hill-Lewis as die minister van omgewingsake benoem is, se reaksie kom nadat ’n PowerPoint-aanbieding met bevindings deur die departement van basiese onderwys uitgelek het. Hierin word die Wes-Kaap uitgesonder as ’n provinsie waar moontlike “rasseprofilering” tydens skoletoelatings voorkom.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos