Build One South Africa (Bosa) se verskillende slagspreuke in munisipaliteite is juis om unieke plaaslike kwessies te takel, sê Mmusi Maimane, die partyleier. Hul nasionale veldtog fokus daarop om munisipaliteite te bou wat werk, sê hy.
“Ons nasionale boodskap was nog altyd oor bou en om te verseker dat daar ’n werk in elke huis is,” sê die Bosa-leier.
Hoewel die slagspreuk op ’n Bosa-verkiesingsplakkaat in Kaapstad byvoorbeeld lui: “ ’n Stad wat almal kan bekostig”, lui die slagspreuke op ’n verkiesingsplakkaat in Tshwane: “Stop die chaos” en “Kies stabiliteit en dienslewering”.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
