Dit was ’n paar besonderse moeilike ure vir die Lions. Hul heel eerste wedstryd in die Europese Kampioenebeker is oorskadu deur die onverwagse dood van slot Hyron Andrews.
Tog het die Lions besluit om voort te gaan met hul wedstryd teen La Rochelle, wat hulle 31-14 verloor het.
Dié besluit maak dat elkeen van die Lions-spelers wat hul beste gegee het, ten spyte van die seer, die speler van die wedstryd.
Die trane het vir sommige spelers vrylik gevloei toe daar voor die wedstryd eer betoon is aan Andrews, net om minute later hul harte uit te speel vir dié span.
Ongelukkig het swak dissipline en verspeelde kanse die Lions gekeer om die wedstryd te wen.
Die Lions gaan nog baie wedstryde hierdie seisoen wen én verloor, maar dié een in Frankryk sal spesiaal bly midde-in die seer.
